top of page

Oor Ons

Ek is 'n grafiese ontwerper en ninakind was gebore in my tweede jaar as student. Ons moes 'n karakter ontwerp en so het ek besluit om felt en knope nader te gryp. Ek het 'n oulike geel karaktertjie gemaak en almal was dadelik mal oor hom. Van daar het die belangstelling gekom vir nog verskillende soorte en style; soos hulle sê die res was geskiedenis.

​

Vandag is ninakind bekend vir handgemaakte poppe, baba mobiles, en nou en dan 'n spesiale ontwerp of twee. Ons glo daaraan om uniek te wees en so ook elke produk anders te kan maak volgens elke klient se verwagting.

 

Elke pop word handgemaak, dus word elke steek en detail met baie tyd en liefde vas gewerk. Daar gaan verskriklik baie sorg in elke produk wat ons maak, dit vat wel 'n tydjie langer om te maak, maar dit is so die moeite werd.

 

Ons gebruik kwaliteit vilt en materiaal van ons plaaslike materiaal winkel, die gehekelde hartjies is van my skoonma en die doilies van my ouma, soos julle kan sien is dit 'n baie persoonlike reis om elke produk te maak. Die materiaal wat ons gebruik is ook beperk, dus is elke pop se kleurskema tydelik, en skep weereens die uniekheid waarna ons streef. Dink daaraan as jou boutiek vir poppe.

​

Ek hoop julle vind soveel vreugde om na my produkte te kyk soos ek vind om elkeen te maak!

 

Nerina Jonck

13517530_1023198117795232_76049626048508
bottom of page